Ons nooi jou hartlik uit om deel te word van ons gemeente. Op hierdie blad kan jy die nodige vorms vir nuwe lidmaatskap en doopaanmeldings aflaai en voltooi. Ons sien uit daarna om jou te verwelkom.

Nuwe Lidmate

Hartlik welkom by NG Gemeente Impalapark.

Ons is bly jy is hier en nooi jou om deel te word van ons geloofsfamilie.

Laai asseblief die lidmaatskapvorm hier af, voltooi dit, en stuur dit per e-pos terug na die kerkkantoor:  kerkkantoor@ng-impalapark.co.za 

Nuwe lidmate is ook welkom om na die erediens hul besonderhede by die kerkkantoor in te dien.

Na die diens sal ’n kerkraadslid by die kansel beskikbaar wees om enige vrae te beantwoord en jou graag uit te nooi vir ’n koppie tee of koffie saam met ons.

Nuwe Intrekkers Inligtig

Doop

Ons help jou graag met enige vrae rondom die doop en die voorbereiding daarvan.

Voltooi die doopaanmeldingsvorm wat hier beskikbaar is en stuur dit terug aan die kerkkantoor.

Ons sien daarna uit om saam met jou hierdie besondere geleentheid te beplan.

Doopaanmeldingsvorm