Tuishawe waar ons God verheerlik en mekaar versorg, vanwaar ons uitreik na die gemeenskap en hulle verwelkom.
09h00 – 10h00
Kom geniet na die diens ’n koppie tee of koffie saam met ons in die vierkant.
Almal is hartlik welkom.
09h00 – 10h00
Kinderkerk word tydens die erediens aangebied.
10h00 – 11h00
Kategeseskool vind na die erediens plaas
NG Gemeente Impalapark se storie is een van nederige begin en groot geloof. Wat begin het as klein byeenkomste in eenvoudige omstandighede – selfs in ’n ou koeistal – het met tyd gegroei tot ’n gevestigde geloofsgemeenskap.
Ons geskiedenis getuig van mense wat met toewyding en passie saamgebou het aan ’n plek waar God se liefde beleef en gedeel word.
Ons sien uit daarna om jou te ontmoet. Kry meer inligting oor lidmaatskap, doop en hoe om deel te word van ons gemeente.
































